Pieter Rischmüller – My Harlekyn

Pieter Rischmüller – My Harlekyn

Die voormalige hoofsanger van die dinamiese, skreeusnaakse groep DJ Ossewa, Pieter Rischmuller, AKA Piet Pompies, met die bruin bolhoed, het in 2014 besluit om sy vlerke te sprei, nuwe horisonne te ontdek, nuwe avonture te beleef en die wêreld aan die brand te sing, en gehore te vermaak met sy voet-stamp, polsende, lyfswaai liedjies en spitsvondige, sprankelende verhoogpersoonlikheid.
Piet Pompies is nie net sanger/ liedjieskrywer, radiopersoonlikheid en grapkas nie, maar ook ‘n uitmuntende afslaer en MC vir alle geleenthede asook ‘n kranige golfer. Hy het sy debuut as radio-aanbieder in 1996 gemaak en later ook sport kommentator, voordat hy die musiekbedryf die stryd aangesê het saam met die groep, DJ Ossewa.

In 2014 het Piet Pompies besluit om die wêreld te verower op eie stoom, met liedjies soos Briljantjie, Lyf is soos ‘n lovesong, Fynbos, Strawberry Vrou, Engeltjie, Hard to get, en Hoop. Sy eerste solo album met die title “SOLO” het Oktober 2014 sy verskyning gemaak, en word op verskeie radio stasies dwarsoor die land gespeel. Sy engelse liedjies “Show me more” en “3 Words” word ook op radio stasies in Amerika en Australië gespeel.
Sy nuwe album is pas uitgeriek deur VONK Musiek onder sy regte naam, as Pieter Rischmuller, en weereens beloof Piet Pompies om vars nuwe treffers op die album te sit. Kyk uit vir nuwe liedjies soos “Bring net jou sussie saam”, “My Harlekyn”, “Somertyd”, “Opsoek na jou”, “Goodbye is net vir nou”, Supercalifragilistic, Kliphard vir jou geval, Kry jou Halfpad, Dis my Nommer, en vele meer. In sy 22 jaar in die vermaaklikheids bedryf het hy al vele gewilde liedjies geskryf, en met sy nuwe album gaan hy weer verras met nog kopskuif gunstelinge.
Bespreek sommer nou vir Pieter Rischmuller (Piet Pompies) vir jou volgende funksie en wees verseker van eindelose pret!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*