Oudtshoorn Grootvoël Boeremusiek – As die Donkielong Roep

Oudtshoorn Grootvoël Boeremusiek – As die Donkielong Roep

Boeremusiek is so eg aan ons kultuur soos koffie en beskuit. Maak nie saak hoe oud jy is en of jy daarvan hou of nie; wanneer jy dit hoor, roer dit tog maar diep in jou iets aan. Veral, tradisionele Boeremusiek soos hierdie Outdshoorn Grootvoël Boeremusiekfees. Omtrent ‘n mondvol, sewe orkeste om presies te wees. Sewe Boeremusiekorkeste trek saam laer op hierdie CD / DVD combo om ure se genot te verskaf. Kaapland Orkes, Die Voorlopers, Theo Slabbert en sy orkes, Karoo Boere-orkes, Donkiekar Boere-orkes, Stofpad Boere-orkes en Die Korrelkoppe om presies te wees.

Elkeen druk sy unieke stempel, in eg-tradisionele styl, af met al die groot gunstelinge.
Geen elektroniese, moderne instrumente word gebruik nie. Néé, jy hoor nog hoe smag die konsterina na asem in befaamde hande en die banjo se snare spring wild rond.
Wat hierdie album egter nog lekkerder maak is die DVD wat ingesluit is. Of jy nou alleen op ‘n Saterdagaand sit of vriende om die braaivleisvuur het, kan jy jou nou verlustig en saamfluit op maat van hul vinnige vingers. En spyt wees jy’t nooit daai instrument self bemeerster nie. Hulle laat dit dan so lekker lyk en klink!
Die meesters van ons land het instrumente wat deel van ons erfenis is, afgestof om Boeremusiek vir ewig was te vang op hierdie album en ook in jou boerehart.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*