
LANCE JAMES – 60 GOUE JARE
60 GOUE JARE
DIE VETERAAN-KUNSTENAAR LANCE “BIG DADDY”JAMES VIER SESTIG GOUE JARE IN DIE SUID-AFRIKAANSE MUSIEKBEDRYF MET NOG ʼn ROERENDE TWEETALIGE COUNTRY-ALBUM
Lance James het bekendheid verwerf vir onder meer die treffers Dankie en Vicki en vir Bloedrooi die rose en Bymekaar in duet saam met Min Shaw en After the Fire is Gone en Somewhere Between saam met Barbara Ray.
Lance is een van die min lewende legendes wat nog gewildheid behou, in aanvraag is en onverpoosd treffers oplewer en toekennings inpalm!
Hy was in die 70’s en 80’s ook ‘n aanbieder op Springbokradio van verskillende radioprogramme, onder meer Munt uit Musiek en Keep it Country. Dié program word ná 50 jaar steeds op 22 radio- en internetstasies uitgesaai – steeds deur Lance opgestel en aangebied.
Sy indrukwekkende diskografie sluit 106 albums en CD’s in. Sy professionele aanslag is deur die jare met 55 musiektoekennings bekroon, waarvan nege vir sy lewenslange bydrae is. Die ATKV het dié ikoon in 2006 ook met en ‘n prestige-penning vereer. Tussen sy ander toekennings is SAMA-, Huisgenoot Skouspel en Ghoema-pryse. In 2015 is hy in die MTN se Radio Music Hall of Fame opgeneem vir sy baanbrekerswerk in die radiobedryf.
Dié omgeemens se lewensverhaal is in twee werke – in 2014 as Keep It Country – The Life & Times of Country Legend Lance James en in 2016 as Dankie – gepubliseer.
Sy nuwe album is gevul met countrymusiek wat die luisteraar met uiteenlopende emosies bekoor en meevoer. Daar is liedjies wat uitbundig opbeur; liedjies wa troos, wat emosie tap, wat ʼn traan lat opwel – én liedjies wat boei, soos, veral One Pair of Hands en die innige gospelvertolking, Elke mens. Heelparty van die liedjies hierop is met geestelike waardes gestempel.
Lance vertolk steeds suiwer en nootvas, met volkome stembeheer, vokale diepte en warm intonasie. Die album – met treffende verwerkings, puik orkestrasie en komplementerende harmoniesang – is in deur Tertius Human van VPH Studios vervaardig.
DIE LIEDJIELYS
• Sestig goue jare – Suiderland -We Thank Thee – I Love You More Each Day – Lied van hoop – You’re My Best Friend – Here You Are – Mag die engele wag hou oor jou – I Wonder If God Love Country Music? (duet met Dan Huston – Lady (You Are My Life) – One Pair of Hands – Elke mens – The Painter (duet met Gerhard Steyn) – Will The Circle Be Unbroken – Don’t Sell Daddy Anymore Whiskey (duet met Carlo Leoni).Dit is hóé countrymusiek moet klink: opreg, eerlik, spontaan, innig en onopgesmuk!
WAARDEER LANCE JAMES SE NOSTALGIESE HERINNERINGE!
Be the first to comment