Kannie Warries Dansorkes – Ernie se tokkel

Kannie Warries Dansorkes – Ernie se tokkel

Sedert die Kannie Warries Dansorkes in 2000 gestig het, was daar soos in enige orkes, ‘n paar orkeslede wat gekom en gegaan het. Dus het hulle nou ‘n witwarmspan wat outydse lekkerkry laat herleef met nuwe styl staalsnare!
Hul eerste album is in 2007 uitgereik waarna verskeie andere hul verskyning op dansvloere landwyd gemaak het. Die huidige vyftal is Jurg Basson, Ria Best, Rudi Jooste, Ziaan Hatting & Nico Heunis. Die albums word vervaardig deur die ervare Ernie Bates. 
Die KannieWarries het ‘n unieke aanslag wat al net so blinkgepoets is soos hul kitare en spog met verskeie Bobaas-Boere-toekennings en selfs Ghoemabenoemings.
Hul albums bestaan uit lekker-luister-liedjies wat keer dat jy eenvoudig kan stil sit. En néé, nie eentonige ou deuntjies wat die neus-in-die-wind puriste sou raai nie; hulle dek die hele spektrum genres van boeredansmusiek. Walse, setiese, vastrappe, kwêlas, en nog vele meer.

NOU spog hulle met ‘n splinternuwe musiekvideo! Vrolik sit en speel hulle op die oewer van die Vaalrivier en nou kan jy die vakmanskap op hul hande sien en die broederskap op hul gesigte. Jy wens jy kan gelyk kyk en dans so lekker speel hul hul treffer; “Ernie se tokkel”. En dan net sodra hulle jou aan die brand gespeel het, koel hulle af, hare-in-die-wind, op ‘n spoggerige motorboot die sonsondergang in. Solank die kitare net droog bly, want hulle het al en gaan nog die land aan die brand speel.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*