
KALAHARI SKOFFELTYD
HENNIE DE BRUYN EN DIE KITAARKêRELS
– KALAHARI SKOFFELTYD –
Hennie De Bruyn het homself nou al bewys as ‘n kitaarkêrel wat nie net ‘n kitaar kan slaan nie, maar ook weet hoe om deur middel van kitaarmusiek, die voete vas aan die dansbaan te hou. Ons Suid Afrikaners is lief vir skoffel en boeredansmusiek vloei soos bloed in ons are.
De Bruyn was al die jare ‘n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar die kitaar bemeester. “Ek het eintlik in 1964 by oom Jan Brits en Chris Oberholzer leer musiek maak. Ek het altyd hul plate gekoop en daarop my kitaarspel beoefen.”
Veertig jaar later het hy maats bygekry wat ook ‘n kitaar kan slaan, en saam is die kitaarkêrels meer gewild as ooit. Met meer as 22 albums en 3 DVD’s op hul kerfstok, wéét hierdie manne hoe om manne aan die skoffel te kry. Vir meer as nege jaar is hulle al benoem vir toekennings van SATMA, SAMA tot GHOEMA’s en spog ook met ‘n paar Goue plate!
Hul splinternuwe album, Kalahari Skoffeltyd is vol gepak met 17 snitte wat jou gaan laat skoffel tot die son opkom. Boere- en kitaarmusiek gaan hand-aan-hand, maar hulle verbaas op hierdie album met nie net boeremusiekstyl nie, maar ook ‘n paar verrassings soos die outydse Setees, maar slaan selfs ‘n Tango los uit hul snare wat ‘n hoogtepunt op die album is.
Behalwe vir die meerderheid oorspronklike liedjies uit Hennie se pen, verras hy ook met ‘n paar bekendes soos Ver in die ou Kalahari wat heimwee sal bring wanneer jy in jou geliefde se arms gaan dans. Vir die waaghalsiges wat die romantiek van ‘n Tango verstaan, mag julle dalk verlore word in die “Nuwejaars Tango” wat gespeel word presies soos oorlede oom Jan Brits hom gedoen het.
Die produksie is behartig deur die bekende Ernie Bates wat Boeredansmusiek verstaan en sy spanmaats wat met elke album net beter en beter word.
De Bruyn se vrou, Dottie het die vooreg om die titels van die liedjies te kies en met hierdie konsepalbum so uit die hart van die Kalahari, was sy “spot on” met haar titels soos Rooisand, Deur die Duine, Kalahari Klong Kwêla, ens.
Hennie de Bruyn en sy kitaarkêrels gaan seker maak dat jou gaste by jou volgende funksie meer op die dansbaar gaan wees as by hul tafels. Boeremusiek is in ons bloed. Wanneer die kitaar se snare begin bewe, kan jy nie help om tyd te hou met jou been of jou geliefde te gryp vir ‘n vastrap nie – veral nie as Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels die kitare slaan nie. Bel vir Dottie by 082 952 2014 of vir Hennie by 072 505 1909 of e-pos hennie.kitaarkerels@gmail.com en wees verseker van die partytjie van die jaar!
MEDIAVRYSTELLING
Datum: Februarie 2018
Uitgereik deur : Vonk Musiek
Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:
Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za
Be the first to comment