Juan Boucher – Twaalf Rondtes

Juan Boucher – Twaalf Rondtes

Juan Boucher is lankal nie meer ‘n naam wat jy nie ken nie. Hierdie goueplaat-bekroonde sanger en liedjieskrywer het homself in ons volk se harte ingesing en sy rasperstem lei die melodieë wat ‘n boer op sy plaas neurie tot die jongmense naweek na naweek vashou aan die dansvloer erens in ons land.
Hy het die musiekbedryf oorrompel met sy albums 082, Jy’s my Flavour, Gee jou hart ‘n breek, Kalm voor die storm, ens. “Om ‘n sanger te wees is nie ‘n keuse nie; dit word vir jou gegee deur genade” glo Juan. Met hierdie uitkyk op sy loopbaan skryf hy treffer na treffer en trap sy bakkie die land se paaie plat om sy goedvoel musiek na die warm harte van sy aanhangers te neem.

Hy is terug met ‘n splinternuwe album, Twaalf Rondtes, wat styf gepak is met die een oorspronklike liedjie op die ander wat nie gaan teleurstel nie. Juan weet nou al wat sy aanhangers se harte laat warm klop, en met hierdie album gee hy net meer en meer wat sy hulle vra. Met ONS HET DIT GEBOU maak Juan die album oop met sy warm praatstem wat jou dadelik laat besef hierdie man verstaan die emosie van die liefde. ‘n Liedjie wat ‘n groot treffer alreeds is, is ONS WORD EEN. WHISKY EN JY, DEEL JOU DROME MET MY, DIE SPROKIE en nog vele meer is almal liedjies wat jou weer laat glo in die liefde, die langpad gaan kort maak; jou laat nadink, maar as die meel gestrooi word, jy nie anders kan om dansbaan se ringting toe te beweeg nie! Juan Boucher het die resep vervolmaak om elke aspek van die vreugde van voluit lewe te bedien. Juis hierdie wat maak dat hy geliefd is onder oud en jonk!

3 Comments

  1. I’m very pleased to uncover this page. I need to to thank you for ones time for this fantastic read!! I definitely really liked every bit of it and i also have you book marked to look at new information on your web site.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*