JJ Stephens – Koester

JJ Stephens – Koester

Vir ‘n beter titel kon JJ nie gekies het nie, want slaan jy die woord ‘koester’ na, vind jy sy sinonieme; om te vertroetel, te beskerm en veilig te laat voel. Dís presies wat JJ Stephens regkry met hierdie provol album, ja, 40 snitte oor twee CD’s, met liedjies wat koester, wat vertroetel en jou veilig laat voel! JJ is een van daardie sangers wat nooit oud word nie, nooit moed opgee nie en nooit uit-die-mode word nie. Hy lê dalk nie elke dag (wel eintlik meer as wat ons dink) op die treffersperades nie, maar lê beslis diep in die harte van elkeen van sy aanhangers. Met sy oudtydse sjarme en absolute fluweelstem, tegniek en stembeheer, mag ons sê; JJ kan sing net wat hy wil – dit sál die oor koester.

JJ vertrek binnekort na Ierland op uitnodiging om ‘n toer te doen ten bate van die ‘Irish Foundation for Torture Survivors and Cancer”. Hy gaan Ierland oorrompel met sy Neil Diamond-toer en gaan selfs in Dublin optree – ‘n werklikheid wat vir menige kunstenaars maar net ‘n droom sal bly.
Néé, dis nie net ‘covers’ nie, maar tussen die country-dans-treffers is ook nuutskeppings geweef wat nie terug staan vir die liedjies wat die toets van tyd deurstaan het nie. WAT EK VAN JOU WIL Hê waar hy self die pen met befaamde Byron Kuntz gedeel het, gaan jou laat draai en draai op die dansvloer. I’M A BELIEVER saam met vriend, Ernie Bates wys dat JJ nog nie sy Rocker-era-skoene uitgeskop het nie! AMADEUS LEEF is ‘n verrassing op die album wat die kontras tussen Mozart se musiek en ons menslike liefde wat voortleef bind – veral met hierdie deuntjie wat slim note leen uit Mozart se ‘Eine Kleine Nagmusik’.
Sy nuutste album, KOESTER, is styf gepak met treffer op treffer. Hierdie dubbel-album gaan jou vir ure besig hou met nostalgie, want as jy nie die woorde van die een liedjie uit jou kop ken nie, vertroetel die ander een jou hartsnare met herinneringe van ‘n tyd toe dinge beter was.

MOEG GEPLOEG en SIENER VAN RENSBURG gaan jou boerehart se snare roer…net om dan CD 2 (onthou, hierdie is ‘n dubbelalbum) in te sit waar die pret eers begin.
Hier gaan ek moet halt roep, want oor JJ Stephens kan jy aanhou skryf vir dae. Die liedjies is net so groot en bekend soos sy stem en sjarme. Hoef ek aan te gaan as ek maar net hoef te praat van BLUE TRAIN, HE’LL HAVE TO GO, SWEET CAROLINE, HELP ME MAKE IT THROUGH THE NIGHT, BEAUTIFUL NOISE…en nog vele ander!
Sien, ek’t jou gesê; J,-J wil my nie glo nie!
WAT EK VAN JOU WIL Hê is kry dadelik hierdie juweel en KOESTER hom. Hy gaan jou vertroetel en laat veilig voel as deel van Country & wêreldmusiek se erfernis.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*