Jam – Sondag 5 Feb 2017

Jam – Sondag 5 Feb 2017
Die DVD van die week is Lize Beekman se Ek was al daar en vanaand kyk ons na twee van haar snitte, Weskus Makietie & Ek was al daar. Ons blaai vanaand deur die bekende akteur, Pierre van Pletzen beter bekend as Oom Oubaas in 7de laan, se foto-album. Die mooie Hailey Clark kom gesels oor haar nuwe album en musiekvideo, Deurmekaar. Die Oorlog sangeres, Talana Vuren deel haar top 5 gunsteling musiekvideos met ons.
Hy is en bly een van Suid-Afrika se bekendste en gewildste sangers. Mandi het by ons kunstenaar van die week André Schwartz, gaan kuier. Almarie gesels met Rudi Muller oor sy nuwe album, Loflied en wat ons daarvan kan verwag. Sy is deel van die Christelike band, Duis-lig en vanaand vertel Stella meer oor haar debuutalbum en musiekvideo, Nuwe môre.
Die shut up en soen my sangeres Kerry Lee, is die week verantwoordelik vir die akoestiese item en dis iets waarna jy beslis kan uitsien. Trek jou JAM dagboek nader, want al jou gunsteling kunstenaars toer weer die hele land vol tree op by verskeie feeste.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*