JAM – 12 Februarie 2017

JAM – 12 Februarie 2017
Hierdie week se DVD behoort aan die bekende drommer Ghapi en ons speel vir jou die snitte, Een vir Een & Koers. Ons blaai deur die sanger en akteur Hennie Jacobs, se fotoboek.
Die duo-groep James & Andrè kuier by Almarie in die ateljee. Sy het bekendheid verwerf vir haar rol as Boeboe in Vetkoekpaleis en hierdie week kom deel Liane Heyl haar top 5 gunsteling musiekvideos. Ons kunstenaar van die week insetsel behoort aan die bekende Gian Groen en Cato Bekker het by hom in die Kaap gaan inloer.
Die sangeres Steffie Le Roux gesels met Almarie oor haar nuwe album. Ons nuweling vir die week is Ruan Josh en hy vertel meer oor sy enkelsnit en video, Toevallig. Die Bietjie Liedjie sanger, Deon Groot, lewer vir ons ‘n spesiale weergawe van die treffer, Lief vir Alles hier.
Trek jou JAM dagboek nader, want al jou gunsteling kunstenaars toer weer die hele land vol!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*