Hoop daai boom is oukei

Hoop daai boom is oukei
28/11/2017 0 Comments
Persverklaring  nuwe dubbelalbum:
Hoop daai boom is oukei / Grace
deur Riku Lätti / Victor S. Wolf

Riku Lätti reik vanjaar ‘n splinternuwe dubbelalbum uit met 13 Afrikaanse liedjies onder die titel “Hoop daai boom is oukei” en 13 Engelse liedjies as sy Engelse eweknie, Victor S. Wolf met die titel Grace. Riku is bekend vir sy aanpak van uiteenlopende style, daarom is dit feitlik onmoontlik om die musiek op hierdie twee CDs te klassifiseer. Hy het kragte saamgesnoer met die Stellenbosch groep “Die Mark Tunes Band”, met Jean “Tunes” Marais op tromme en Mark Ellis op baskitaar. Die gevolg is ‘n energieke nuwe klank, of liewer klanke. Die titelsnit, Hoop daai boom is oukei is ‘n liefdesverhaal en spookstorie in een, wat weereens dui dat Riku nie bang is om uiteenlopende konsepte of klanke byeen te bring nie. Die album is rof dog rustig, kalm dog uitspattig. ‘n Letterlike fees van klanke, stories en mooi woorde.
Die album Grace, daarteenoor, bring ook ‘n heeltemal ander liedjieskrywer na vore. Ontmoet Victor S. Wolf. Heeltemal ‘n ander tipe liedjieskrywer as Riku Lätti. Selfs as sangers is Riku en Victor nie dieselfde mens nie. Terwyl Riku Lätti se werk uiteenlopende en eklekties is, is Victor Wolf se werk meer klassifiseerbaar as goeie ou popmusiek, dalk “adult contermporary” alhoewel daar hier en daar ‘n meer jeugdige klank na vore tree as mens luister na “Were we”, “You’re the virus” en “I can be”. Daar is bespeurlik minder wroeg by die musiek van Wolf as by Lätti, miskien is dit omdat die masker ‘n mens bevry van sy probleme. As Riku wil die skrywer sy wêreld verwoord en dit word ‘n persoonlike uitdaging. As Victor kan die skrywer net speel en alles word ‘n spel. Hoe dit ook al sy, hierdie dubbelplaat het letterlik iets vir elke gemoed en elke smaak.

Riku Lätti – biografie
Riku Lätti is ‘n sanger-liedjieskrywer, vervaardiger en skrywer. Sy musiek is haas onmoontlik om in te hok, want, net soos die man, is sy musiek eklekties en ‘n omarming van ‘n groot hoeveelheid style, afhangende van die atmosfeer wat hy wil skep. Hy was die mede-skepper van die klankbane van die TV-reeks Hopeville ( genomineer vir ‘n Emmy, Wenner van die RoseD’or) en Wie lê Waar met Jahn Beukes en Vlug na Egipte met Leslie Javan. Hy is ook verantwoordelik vir die klankbane van die vollengte film Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (waarvoor Riku ‘n SAFTA gewen het) en meer onlangs die Jans Rautenbach-film, Abraham.
Riku het al 10 albums vrygestel, geskryf, opgeneem en vervaardig vir homself, en waarvoor hy talle akkolades en pryse ontvang het en hy is ook die vervaardiger van agt ander albums vir ander kunstenaars.
Riku is ook die stigterslid van Die Wasgoedlyn,‘n innoverende beweging wat nou tot ‘n tv-reeks verwerk is. Hy soek kreatiewe skeppers op in hul natuurlike habitatte en neem hulle dan op. Geen pretensie. Net rou, eerlike, musiek, opgeneem en verfilm ken tentoongestel as ‘n beeldskone protes teen die stand van die hedendaagste musiekindustrie in Suid-Afrika.
Onlangs deur Die Wasgoedlyn:
Wasgoedlyn Volume 1 & 2 (verskeie kunstenaars)

Kroeskop vol Geraas (Churchil Naude)
2 Ster Hotel (Bacchus Nel)
Oukie van Namakwaland (Brain Cloete)
Abraham (klankbaan van die Jans Rautenbach-film, Abraham.)
Hoop daai boom is oukei (Riku Lätti)
Grace (Victor S. Wolf)Vir ‘n smakie van Die Wasgoedlyn wat op kykNET Nou! (kanaal 146) begin wys op 11 Augustus 2016 loer gerus na:

Recently released by Die Wasgoedlyn, all recorded and produced by Riku:
More recently Riku was called the David Attenborough of the music industry. He seeks out musicians in their natural habitats and then records them right there, without pretense. No nonsense. Just raw, honest music, captured, and then showcased as a beautiful protest to the current state of the music industry in South Africa.   This musical movement is well known under the title Die Wasgoedlyn.
Riku has released 10 albums which he has written, recorded and produced himself, as well as being the producer of 8 albums for other artists. He has won numerous awards including the GMT best male vocal for the album Aan’t sterre tel, plus his album Radio Lava was considered among the top 25 Afrikaans albums of all time by Die Beeld and singled out by journalist, producer and author Deon Maas, as one of the three most important Afrikaans albums ever made.

He has co-produced the soundtracks of the TV-series’ Hopeville (Nominated for an Emmy, Winner of Rose D’or) and Wie lê Waar (kykNET) with Jahn Beukes, and Vlug na Egipte with Leslie Javan. He also produced the soundtrack and sound design for the feature film Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (for which he won a SAFTA) and most recently the critically acclaimed Jans Rautenbach film, Abraham.
Riku Lätti is a singer-songwriter, producer, writer, who, once upon a time, studied philosophy at WITS. He then embarked on a career as IT specialist, and, after a few years in the corporate world, he succumbed to the allure of the financially unstable life of a musician. To try to box Riku’s music into a specific genre would be negligible, because, just like the man, his music is eclectic and encompasses a variety of styles, depending on the mood that he wants to create, always staking out new musical territory. He uses various instruments and anything else at his disposal. From chirping birds, whistling kettles, wooden floors, a toothbrush, raindrops, to the famous hekkie (gate), which he put to creative use on one of his outstanding tracks, on the album Radio Lava. His songs are uniquely innovative, blending many disparate elements imaginatively.

Riku Lätti – Biography
Wasgoedlyn Volume 1 & 2 (songs by various artists)
Kroeskop vol geraas – Churchil Naude
2 Ster Hotel – Bacchus Nel
Abraham – Soundtrack for Jans Rautenbach’s film
Oukie van Namakwaland (Brain Cloete)
Hoop daai boom is oukei (Riku Lätti)

Grace (Victor S. Wolf)Die Wasgoedlyn is currently being developed into a TV-series:
Riku’s aim is not to create pretentious art, but to create beautiful things. His music and lyrics does not just tell his story, but also empathetically convey the stories of other people and places, whether imaginary or real. In creating he becomes inspired and an inspiration to others.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*