
HENNIE JACOBS – LYFLAM
“Elke song is baie spesiaal en spesifiek uitgekies. Tali lê my na aan die hart, omrede dit vir my jongste dogtetjie geskryf is, maar hopelik vind elkeen wat na die album luister sy of haar persoonlike treffer,” sê die gewilde akteur (veral bekend as Diederik Greyling van Sewende Laan, maar ook ʼn veelsydige en bekroonde verhoog-akteur), komediant, musikant, liedjieskrywer en sanger oor sy splinternuwe album, met die lekker kort en kragtige titel Lyflam. “Ek het baie langer tyd gehad om te skryf en ek glo mense sal ook hou van wat ek geskep het.”
Dié album volg op Hennie se voriges: Chilli Confessions (2006), Velcrohart (2013) en Dit is die land (2014). Danksy Hennie se kreatiwiteit is die resultaat van sy jongste album ‘n aangename versameling goedvoelliedjies in verskillende styl, byderwets verwerk en luisterryk georkestreer. Met Kobie Koen as uitvoerende vervaardiger, Tertius Human as regisseur en die gesogte musikante Denny Lalouette (baskitaar), Mauritz Lotz en Juan Oosthuizen (kitare), Wilmie Lourens (klavier), Brendan Ross (saxofoon) en Hannes van der Walt (harmonieë) is die luisteraar verseker van ʼn stewige produksie.
Hennie gesels oor die snitte:
• Dans in jou Taal: ‘n Mens moet nooit vergeet waar jy vandaan kom en wat jou wortels in jou lewe beteken nie.
• Storie van haar: Vir my vrou.
• Lyflam: Oor daardie amper onbeskryfbare gevoel wat ‘n mens vir iemand spesiaal ontwikkel.
• Vat my saam: Nostalgie oor my eie lewe en wat ek vir my kinders toewens.
• Jonk in Afrika: Vir my vrou en alle getroudes wat verlief geraak het in ons mooie land.
• Jolene: ʼn Legendariese classic countrytreffer, saam Hildegardt Whites (beter bekend as Bonita Meintjies van Sewende Laan-faam) – met die engelstem. Meisie inni rok: Vir almal wie al daai persoon ontmoet het by jy letterlik nie woorde kon kry nie. Al the Love: Vir my vrou Katerina Malherbe: Vir daai awsome girls daarbuite wat so baie vir iemand kan beteken – sónder om eers romanties te raak.
• Tali: Vir my jongste dogtertjie.
• Padreis: Daai spesiaalste alles wat jy wil deel saam daai een mens in jou hart.
Bederf jouself met ‘n aangename album met mensgerigte liedjies
en mooi, onopgesmukte vertolkings.
Luister na Hennie Jacobs en raak lyflam!
MEDIA-UITREIKING
Datum: Oktober 2017
Uitgereik deur VONK-MUSIEK
Kontak Lydia Winchester vir meer inligting
Tel: (011) 475 2187 – Sel: 082 554 8453 – E-pos: lydiaw@mweb.co.za
Be the first to comment