GOUE STATUS VIR TWEE
Harde werk, deursettingsvermoë asook goeie liedjies maak hierdie onblusbare duo onweerstaanbaar. Twee se nuutste album “Sirkels” is al ‘n ruk lank op die nasionale Top 20 en is tans nommer 4 op die iTunes Top 100.
Herman en Maria (Twee) wil graag die publiek, media asook die Vonk Musiek span bedank wat dit moontlik gemaak het om goue status te bereik met hulle vorige album “Piekniek vir Twee” wat een van die groep se persoonlike mylpale was.
Twee is verseker ‘n gunsteling by die publiek, oud en jonk!
Volg Twee:
Facebook: https://www.facebook.com/tweemusiek/
Twitter: https://twitter.com/TWEEmusiek
Instagram: https://www.instagram.com/tweemusiek/
Be the first to comment