
Gevoel Van Veiligheid – Man in die maan
Hierdie tweemanspan het in 2011 begin as ‘n punk / rock band van Pretoria sommer as ‘n ‘side line’, en voor hul hul oë uitvee, deel hulle verhoë met die swaar ysters in die bedryf.
Teen Februarie 2012 was hul tweede ‘single’, Geheime Trane, al oral te hoor en hul musiekvideo is een van MK TV se gunstelinge. Teen Maart 2012 maak hul hul kring effens groter en Mercia, Janco en Hugo sluit by hul wat toe van hulle ‘n ‘serious’ band maak.
2012 speel hulle nie net saam met Suid Afrika se supergroep, VanFokkingTasties nie, maar was dit ook hul eerste jaar by Oppikoppi.
Tussen 2014 tot 2016 het hierdie groep alles ingesit en gewerk aan hul eerste vollengte-album wat jou ore gaan oopblaas, jou hart gaan steel en jy die gevoel van veiligheid gaan kry in ‘n uiters kompeterende Rockers-world.
Laasjaar deel hulle die verhoog met groot kanonne soos Francois van Coke, Jo Black, Bouwer Bosch en nog vele ander ysters.
En soos enige rockgroep se droom, kry hul hul eerste platekontrak by VONK Musiek saam met ‘n animasie-musiekvideo, Man in die Maan.
Man die die Maan het die ‘coolste’ musiekvideo wat gaan oor ‘n seuntjie wat altyd saam met sy pa na die sterre gekyk het. Na sy pa oorlede is, het na hom gaan soek deur vir hom ‘n ruimetskip te bou om sy pa te gaan haal.
Hierdie groep is duidelik baanbrekers! Nie net my hul ruimtestories nie, maar dis ‘n vars klank, goeie balans van rock ballades tot proper rock musiek. Selfs die animasie-omslagontwerp vang jou oog.
Hulle gaan met hierdie album nie net die aandag van gesoute Rockers vang nie, maar selfs ‘n paar ‘fans’ bykry wat nog in doeke gaan wees. Hulle dek die spektrum van moderne Rock!
Be the first to comment