
GERHARD STEYN – MOOISTE DUETTE
18 jaar gelede het ‘n blonde jongman sy debuut gemaak in die musiekbedryf aan die sy van Lianne Heyl, beter bekend as Boeboe. Daarna snoer hy kragte saam met Naas de Jager en hulle begin die duetgroep, Windpomp. Vandag, 18 jaar later reik hy ‘n duet-album uit, maar die keer is dit saam met die room van die Afrikaanse musiekbedryf. Sy talent as sanger en liedjieskrywer, voorkoms en sy warm persoonlikheid maak van hom ‘n superster. Gerhard het tans 11 albums op sy kerfstok en daar in nog steeds geen keer aan hom. Van sy debuutalbum, Teen die Berg wat hy 2004 uitgereik het, het talle ander gevolg en is met groot sukes aanvaar. In 2008 reik hy ‘n album uit, ‘Breekbaar’, maar min het hy geweet die liedjie Baby Tjoklits gaan van hom ‘n superster maak en dat hy vandag bekendstaan as die Platinumprins van die bedryf. ‘Tjoklits’ is onweerstaanbaar en so het sy musiek ook geword.
Gerhard toer nie net die land plat nie, maar stap ook waar hy kom met toekennings weg.
Benewens sing, is hy ook ‘n besigheidsman en spog deesdae met sy eie eksklusiewe kuierplek, Live@Wildebeest – wat as die grootste en lekkerste kuierplek in die Oosrand bekendstaan!
Hulle sê die enigste ding beter as sjokolade is vriende. En hier reik ‘Mnr Tjoklits’ ‘n duetalbum uit met van sy vriende. “Best of both” soos die engelsman sou sê!
MOOISTE DUETTE is sy nuutste album wat hy met smaak aanbied en is onweerstaanbaar lekker. Behalwe dat hy saam met van die land se bekenstes sing, is dit ‘n lekker-luister album wat jy kan hoor daar is moeite gedoen met die produksie, kwaliteit verwerkings en wat reg is vir die dansbaan of die langpad.
Die album is goed verpak met 17 snitte van ou bekendes, die mooiste ballades en ook ‘n paar nuwes wat die hartsnare roer.
Ballade vir ‘n Enkeling met Richard van der Westhuizen neem jou ver terug, en Rooi Roos met die beeldskone Nádine laat jou skuldig voel en wonder wanneer jy laas iemand met rose verras het. Ons 2 sy nuuste duet saam met niemand anders as Nadine is hoendervleis mooi en beklemtoon opnuut twee stemme wat mekaar perfek komplimenteer. Dan is daar ‘n treffer met Wynand Strydom – twee diep stemme wat My Lief laat smelt van romanse. Sy duette saam met Helene Bester en Anais sorg vir variasie en maak die album baie interressant . Behalwe vir die Ballades en die mooiste liefdesliedjies met sinvolle lirieke, sluit hy die album af met ‘n Lekker Legendes Keurspel saam die Country-prinse; Die Campbells.
Om ‘n duet met iemand te sing is om die plesier en verantwoordelikheid te deel met iemand om ‘n gehoor te vermaak, maar met dubbele inpak. Hy het dit beslis reggekry!
Gerhard glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Hy’t hard gewerk om te kom waar hy vandag is en het juwele tot die skatkis van die Afrikaanse Musiekbedryf gevoeg uit sy pen. Hy’s ‘n man wie se hart op die regte plekke is: by sy familie, sy besigheid, sy liefde vir musiek en sy Skepper.
Jy hoef niemand meer te oortuig dat waar Gerhard Steyn is, dinge daar lekker gaan nie!
Bespreek hom by Tilla Enslin – 083 739 8986 / 071 312 2929
e-pos: tilla@gerhardsteyn.co.za
www.gerhardsteyn.co.za
Lydia Winchester
011 475 2187 082 554 8453
lydiaw@mweb.co.za
Be the first to comment