
In ʼn wêreld waar goedhartigheid en genade so maklik vergete raak, is dit vergifnis en vrede wat eenheid bring. Emil Struwig
Dié talentvolle kunstenaar/skrywer sing sy eerste Afrikaanse enkelsnit genaamd ‘Liefde wen Altyd’. Die onmiddellike reaksie van die media en ander kunstenaars was “dis omtrent tyd”, met soveel treffer liedjies wat hy alreeds vir ander kunstenaars geskryf het was dit tyd om sy eie debuut as Afrikaanse kunstenaar te maak.
Hierdie snit omskryf die konsep van liefde wat alles oorheers met beskrywende woorde soos seisoene, die teenstrydigheid van goed en kwaad, twee geliefdes se harte wat raak, genade, en hoop. ‘Liefde wen Altyd’ is die begin van sy eerste album wat vroeg in 2018 vrygestel gaan word met nog talle albums daarna. Dit is met trots wat Emil altyd se “Musiek is die taal van liefde wat nooit diskrimineer nie”.
Tot op hede het Emil meer as 24 Afrikaanse no. 1’s geskryf vir kunstenaars soos Kurt Darren, Heinz Winckler, Andriette Norman, Ray Dylan, Nicolas Louw asook groepe soos Romanz, Vuurwerke, Touch of Class, en die gewilde Ghoema wenners Con Grazia.
Mylpale:
• 2004 Top 16 Afrikaanse Idols
• 2006 Wenners van die MK89 Rock spider kompetisie met sy groep “grassnyers”
• 2006 Suid Afrikaanse Vertonende Kunste Kampioenskappe , eerste prys tydens sy finale optrede in Odessa, Ukraine.
• Hy het ook twee Huisgenoot Tempo toekennings gewen as Afrikaanse liedjie skrywer
• Was een van die liedjieskryf dosente op die gewilde kykNET liedjieskryf kompetisie AfriVisie.
Meer oor Emile Struwig:
• Emil is gebore op die klein dorpie Tsumeb, Namibië. Vanaf ʼn jong ouderdom het Emil ʼn passie vir musiek, sang en skryfkuns gehad. Op die ouderdom van 16 verhuis Emil na Suid Afrika om die groter geleenthede vir sy passie na te streef. Hy was ʼn leerling van Durbanville hoërskool waar hy gematrikuleer het in 2006.
• Emil het sy studies voltooi by die Skool vir Vertonende Kunste in Kaapstad waar hy Musiek Teater, Drama, Dans en TV aanbieding studeer het.
REBEL EN RATS, 1001 SOENE, COWBOYS EN CROOKS, BITTERSOET VAN LIEFDE, WIND IN MY SEILE…DIE LYS VAN LIEDERE WAT HY VIR KUNSTENAARS GESKRYF HET DIE AFGELOPE 11 JAAR IS LANK.
Be the first to comment