Eksklusief : Richard van der Westhuizen – Renoster Jukebox 4 Februarie 19H30

Eksklusief : Richard van der Westhuizen – Renoster Jukebox 4 Februarie 19H30

MORE THAN 5,000 RHINOS HAVE BEEN POACHED IN SOUTH AFRICA SINCE 2010. ONE RHINO IS KILLED EVERY 6 HOURS. RHINOS WILL BE EXTINCT IN THE WILD BY 2024, IF WE DO NOT ACT NOW. (theaustralianrhinoproject.org)

Richard van der Westhuizen – Renoster
“Wat bly oor as die koeël ontplof? Net die dooie dier in die droë, droë stof…” Selfs nie die ergste droogtes oor dekades heen het die skares so aangegryp soos die huidige verwoesting en uitmoor van renosters nie. Waarom dan die bohaai oor die renoster vermorsing? Omdat hierdie moorde uitgevoer word om ligsinnige mense se ongegronde geloof in seksuele prestasie te bevredig. “In die bloedspoor van die gierigheid” staan daar handelaars, politici en gewetenlose individue wat die horing bloot as ‘n kommoditeit beskou. Waar gaan dit ophou? Soos dinge nou staan, waneer die laaste renoster val, in die droë, droë stof…
“Wat gaan ons kinders se kinders erf?” Hierdie lied roep na ieder en elk wêreldwyd om op te staan, en tasbaar bewus te word van die uitroei van ‘n dier wat ikonies aan Suid-Afrika gekoppel is, wat skynbaar miljoene jare lank reeds droogtes, selfs vloede, ja meteoriet storms en vulkaan uitbarstings oorleef het. Maar nou die handvol moordenaars?

Hierdie sluikhandel word uitgevoer en ondersteun tot op die hoogste vlakke van ons samelewing. Mense se kwesbaarheid vanwee ekonomiese swaarkry en onkunde oor die onderwerp lei daartoe dat selfs “die goeies” onder ons ingelok word om in die lakbare bedryf betrokke te raak. “Hoeveel renosters moet daar nog sterf?”.
Hiermee saam ook die feit dat die renoster maar die eerste in lyn is. Ander dierespesies word ook uitgebuit, die slagting gaan net voort. Die wêreldgemeenskap sal moet opstaan…

Lees meer:
www.savetherhino.org
www.unitedforwildlife.org
www.theaustralianrhinoproject.org
www.stoprhinopoaching.com

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*