
Blackie Swart – Boeretroos
Die gewilde sanger en liedjieskrywer Blackie Swart is terug met ’n splinternuwe album getiteld Boeretroos. Hy dra die album op aan die spesiale mense wat saam met hom gewerk het aan die opnames en veral vir sy pa , die mens wat hom die meeste geïnspireer het en hom gehelp het sy liefde vir boeremusiek te kweek.
Blackie het bekendheid verwerf in 1998 vir sy treffer Liewe Lulu en daarna net weghol sukses behaal .Met hierdie album bewys hy net weer hoekom hy talle goue, multi- goue en platinum toekennigs gekry het.
Boeretroos bevat 13 snitte waarna uitgesien kan word met liedjies soos: Beautiful in Suidwes; As Piet vir Karlientjie; Mandjiedans: Witmosselskoffel; Blou Bul Golfdag ; ’n nuwe weegawe van Liewe Lulu en nog vele meer.Die album is styf gepak met treffer op treffer.
Blackie Swart is ’n moet vir jou volgende funksie of fees.
Skuif weg die tafels want met hierdie album gaan jy net wil skoffel!
Media navrae: kunstenaars@vonkmusiek.co.za
Optredes: lulublack@mweb.co.za
Be the first to comment