![]() |
![]() |
||||
|
Stef Kruger is seker bekend as een van ons land se beste liedjieskrywers. Een van ons grootste kunstenaars, dozi, het al 36 van stef se liedjies opgeneem en kan mens deesdae nie meer ‘n kompilasie cd koop wat nie ‘n stef kruger liedjie op het nie. Vele ander kunstenaars soos jannie moolman, nadine en nog vele meer neem ook van stef se liedjies op en is stef ‘n kunstenaar in eie reg. Dalk klink die liedjies, tussen jou en my, ma se song, grassade in die wind, pennies op die spoor, vir u bekend. Al hierdie en nog vele meer kom uit hierdie begaafde skrywer se pen. |