|
Funky. Sexy. Jonk. Beeldskoon. Briljant bekwaam. Hierdie splinternuwe all-girl band is
‘n sprekende voorbeeld van elkeen van hierdie woorde.
SAARKIE rock behoorlik – en hulle doen dit met ‘n eiesoortige styl en vibe wat gaan gatskop.
Die vyf talentvolle lede is: Adéle Fouché (vocals en kitaar); Lila Botha (dromme); Anna Steenkamp (keyboard en vocals); Johané Nieuwenhuizen (bass kitaar) en Razz Kosterman (viool, kitaar en vocals).
Individueel beïndruk die lede met hulle persoonlikheid en ‘n passievolle energie vir dit wat hulle doen, maar wanneer hulle as ‘n groep saamkom om musiek te maak, ontplof ‘n seldsame dinamika, sinergie en talent wat gehore arms in die lug en op hul voete het. Hulle musiek is eerlik en oorspronklik. Vars Alternatiewe Pop Rock wat oortuig.
|