|
'n Mense-mens,sagmoedige reus,'n man geseen met 'n diep rasper stem,wat jou aantrek soos 'n magneet,wat jou
maak luister. Rudi Grobbelaar, beter bekend as Rooies.
Rooies is gebore en getoe in Parow,Kaapstad en is tans woonagtig in Vredenberg Bellville in die Kaap.
Hy was in die Hoer Tegniese Skool in Bellville, sy 2 jaar weermag opleiding in Ellisras voltooi en daarna bekwaam as Diesel wektuigkundige.
Sy sangloopbaan het ongeveer 6 jaar gelede begin nadat hy 'n kompetisie gewen het met die liedjie "Blueberry Hill"
en die mense hom aangemoedig het om sang sy loopbaan te maak.Sy eerste 2 CD's "Bulshoek dam" en "Kliphard
het die lug gesien. Na byna 3 jaar se optredes het die bekwame Snyman-broers, Christo en Kobus, hom 'n plate-kontrak
aangebied by SMP en het sy CD "Bobbejaan" die lig gesien.
|