Dit verg nie ‘n kundige om te besef dat Ronaldo ‘n passie het vir dít wat hy doen nie. Hy was skaars meer as ‘n baksteen hoog toe hy al begin droom het oor sy toekoms as ‘n sanger. Sy hope talent was bloot ‘n bonus!
 
Op skool het hy reeds gereeld met die louere weggestap in menige sangkompetisie en boonop het hy sommer vroeg ook gewys dat hy beslis nie twee linkervoete aan sy lyf het nie – dié man staan nie terug op die dansbaan nie en in 1998 het hy ‘n rol losgeslaan in die Dirty Dancing Showcase.

Omdat hy vroeg al baie ernstig oor sy sangloopbaan was, het Ronaldo vir formele sangopleiding aangemeld en hy kan boonop ook kitaar speel en skryf en komponeer gereeld sy eie liedjies.