Ons stel jou graag bekend aan ‘n man soos jan, Hanno van Heerden se musikale alter-ego. Die naam het ontstaan toe hy en ‘n paar vriende gespekuleer het oor ‘n gepaste naam om die musiekwêreld mee te betree. Hanno se argument was dat hy nie ‘n pretensieuse naam wil hê nie, want hy is net soos Jan en Alleman, m.a.w die man op straat. En dis waar die naam posgevat het ... Hanno is bloot ‘n man soos jan ...