Dit het alles op sestienjarige ouderdom met ‘n leerselfkitaarhandleiding en ‘n ou klein bokskitaartjie langs die swembad by sy ouerhuis op die platteland begin. “In die geheim, want dit was destyds nie ‘n aanvaarbare aktiwitiet vir ‘n rugbyspeler nie!

Gerhard, ‘n gelowige man, het ná skool ‘n Nasionale Diploma in Kuns verwerf en hy het twee jaar  lank sielkunde en teologie studeer. Hy’t egter opgeskop, want die musiek het hom geroep.