![]() |
![]() |
||||
|
Carlo het op die jong ouderdom van 12 besluit dat musiek eerste prioriteid in sy lewe sal wees. Met ‘n lys trofeë en diplomas onder die beld, is hy op skool gekies as die hoofrol van die bekende musiekblyspel “Grease” in Johannesburg. In 2001 is hy genader deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records Amerika, om Suid-Afrika te verteenwoordig by Mother City Records. In die kort tydjie wat hy deel was van “Blue Productions”, het hy deel gevorm van ‘n verskeidenheids-konsert met Sonja Heiroldt en het hy ook ‘n paar inleidingstukke vir die Nigerian Gladiators gedoen, “Notorius” & “Vibe”. |