As mens Basjan op die verhoog sien, sal mens beswaarlik glo die gebore Namakwalander het ‘n BA Teologie graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy was tydens sy studentejare deel van die geestelike groep Kerugma waar hy die baskitaar getokkel het.. Basjan se eerste CD verskyn in 2001 met die titel, “Hier’t jou lekker ding” waarvoor hy ‘n Geraas Musiektoekenning wen. In 2002 volg “Basjan se Boerejol” en ‘n Geraas Musiek Toekeninning kry weereens ‘n baas… Basjan! Afrikaans en sy wêreld – die Weskus en Namakwaland – lê hom baie na aan die hart en motiveer hom om in 2005 ‘n DVD en cd getiteld “Basjan se Weskus- Party” uit te gee wat musiek, sketse en humor bevat uit die Weskus en Namakwaland en Arno van Zyl tree op as gaskunstenaar. Snitte soos ‘Torralied’, ‘Ysterwielkruiwa’, ‘Weeskind’ en ander verleen ‘n regte Weskus geur aan die album, terwyl daar ook hulde gebring word aan Worsie Visser met ‘Baie, baie dankie’.